Menu Close

Bradley Arendse deel sy ervaring tydens die Kaapse fietstoer

Bradley Arendse

Ek kan seker ook by die einde begin, want dit is die gedeelte van die Cape Town Cycle Tour wat my atlyd sal by bly. Die oomblik toe ek die eindstreep sien toe kom daai knop en sit diep in my keel, ‘n tranedal van blydskap en trots het oorgeneem en ek is toe ogies oor die eindstreep.

Die begin was ‘n heel ander storie… Ek het amper na die eerste 5 km handdoek ingegooi. Ek kon dit nie glo nie, maar vir een of ander rede wou my bene nie meer werk nie. Elke moontlike spier in my bene het begin pyn en aan die bo-punt van Hospital Drive toe moes ek stop. Oorkant die pad het ‘n ambulans gestaan en ek het hul amper nader geroep, want toe kry ek ook nog ‘n verlammende pyn in my lae rug. Ek het vir myself gese: “Nee Brad, jy het darem te hard gewerk en baie ofgeoffer om vandag hier te wees en opgee bestaan nie hier nie.”

Ek het terug gedink aan waar ek vier maande gelede op ‘n operasietafel was en waar ek myself vandag bevind. Met alle mag was ek terug in my saal net om

weer by Edinburgh Drive af te klim… Ek het daar so vir ‘n minuut geloop en toe nie weer nie.

Elke keer as ek die kilometeraanwysings sien dan dink ek: “kom man, jy’s amper daar!”. Ek dink omdat dit my eerste keer op daardie roete was, het dit bietjie makliker gegaan omdat ek nie geweet het waneer kom die moeilike trap gedeeltes nie. Ek het net aanhou trap en trap.

Ek het ook nie my rekenaartjie op my fiets aanghad nie. Ek het nie een keer na my tyd gekyk nie; my mikpunt en fokus was net op die afstand. Dit was n ervaring en ‘n mylpaal wat ek vir ewig sal koester.

Daar was natuurlik ook die reën en wind. Yoh, yskoud dan bietjie warm en dan weer yskoud en dan sopnat! Dit was seker die onaangenaamste deel van die Kaapse fietstoer. Chappies en die gevreesde Suikebossie was toe nie so n nagmerrie soos wat ek verwag het nie en ek glo ‘n mens moet dit ten minste een keer in n leeftyd ry. Die hele toerroete was fantasties en die weer was perfek, hier en daar.

Dit is definitief iets wat ek weer sal doen. Ek het reeds voor my nieroorplanting, terwyl ek op dialise was, ingeskryf vir die Kaapse fietstoer en toe ek die oproep vroeg in November 2019 kry vir my oorplanting, het ek gedink my droom om deel te neem was daarmee heen, maar ek ken mos nie van stil sit nie…

Ek was gou weer op die been en in die saal na my oorplanting. Ek het basies net twee maande geoefen om fiks genoeg te wees. Ek was bang ek gaan nie die afsnypunte haal nie, maar 6:28 minute was darem toe net-net genoeg, met n paar pitstoppe en kuiers by die fisios.

Ek was baie trots om deel te wees van die SATSA Span (#TeamTransplant_SA) en ry nou met trots in my TeamTransplant-fietsrytrui.

My kans op ‘n nuwe lewe was ten toon gestel in nuwe gevonde liefde vir fietsry; iets wat my lewe drasties kom verander het. Wat beter as die wêreld se grootste en mooiste fietstoer om dit te vier.

[/pl_text]
[/pl_col]
[/pl_row]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *